Debiteure- Lys (Verslae-kieslys)
Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Debiteure → Lys kieslys kan die volgende sewe (7) verslae gedruk word:
1.Kontakte - Die "Kontaklys - Debiteure" verslag, sal die naam van die kontak, Telefoon 1 / 2 en die debiteure se debiteurkode en naam lys. Kontakte wat nie aan debiteure (kliënte / klante) se rekeninge gekoppel is nie, sal nie gelys word nie.
2.Lys - Dié Debiteurelys sal die Rekeningkode, Naam, Posadres, Telefoon 1 / 2, Faks, en E-pos vir elke debiteur (kliënt / klant) druk.
3.Afleweringsadreslys - Dié Debiteurelys sal die Rekeningkode, Naam, Afleweringsadres, Telefoon 1 / 2, Faks, E-pos en webtuiste vir elke debiteur (kliënt / klant) druk.
4.Posadreslys - Dié Debiteurelys sal die Rekeningkode, Naam, Posadres, Telefoon 1 / 2, Faks, E-pos en webtuiste vir elke debiteur (kliënt / klient) druk.
5.Detaillys - Dié Debiteure - Detaillys sal die sal die detail soos die kontakbesonderhede, registrasienommers, bankbesonderhede, verslaggroepe dokument uitleglêers, Rekeningkundige inligting en terme, ens. vir elke debiteur (kliënt / klant) druk.
6.Kredietkontrolelys (Kredietlimiete vs huidige balanse) soos op - Die verslag sal die kredietlimiete, balanse en beskikbare bedrae van die debiteure (kliënte / klante) se rekeninge lys. Die verslag sal die kredietlimiete, balanse en beskikbare bedrae, soos op die datum (stelseldatum) wat dit gedruk word, lys. U kan ook kies om die Kontakbesonderhede te druk vir die debiteure (kliënte / klante) se rekeninge wat spesifieke aandag trek.
7.Registrasienommers - BTW en Onderneming - Die verslag sal die Posadres, Telefoon 1 en Telefoon 2 sowel as die BTW en Ondernemings se registrasienommers van die debiteure (kliënte / klante) se rekeninge lys.