Debiteure - Lys - Kontakte (Verslae-kieslys)

Parent Previous Next

Die "Kontaklys - Debiteure" verslag, sal die naam van die kontak, Telefoon 1 / 2 en die debiteure se debiteurkode en naam lys. Kontakte wat nie aan debiteure (kliënte / klante) se rekeninge gekoppel is nie, sal nie gelys word nie.

Om 'n lys van kontakte vir debiteurrekeninge te druk:

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Debiteure → Lys. Die Kontakte verslagopsies sal vertoon word:

2.Kies die volgende:

a)Vanaf rekening ... Tot rekening - Kies die rekening(e).

b)Volgorde - Kies "Voornaam, Naam (Van), Debiteurkode of Beskrywing".

c)Verslaggroep 1 - U kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die debiteure wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gelys word.

3.Kliek Goed.


'n Voorbeeld van die "Kontaklys - Debiteure" verslag, is soos volg:

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Produce electronic books easily