Krediteure - Lys - Afleweringsadres (Verslae-kieslys)
Dié Krediteurelys sal die Rekeningkode, Naam, Afleweringsadres, Telefoon 1 / 2, Faks, E-pos en webtuiste vir elke krediteur (verskaffer) druk.
Om 'n lys van krediteure te druk:
1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Krediteure → Lys. Die Kontakte verslagopsies sal vertoon word.
2.Kies "Afleweringsadreslys".

3.Kies die volgende:
a)Vanaf rekening ... Tot rekening - Kies die rekening(e).
b)Volgorde - Kies "Krediteurkode" Beskrywing, Adres 3" (derde adres reël) of "Poskode".
c)Verslaggroep 1 - U kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die krediteure wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gelys word.
4.Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die "Krediteurelys: Afleweringsadres / Telefoon / Faks / E-pos / Webtuiste" verslag, is soos volg:
