Krediteure (Verslae kieslys)
Die volgende verslae is beskikbaar om rekeninge in die krediteure grootboek te bestuur:
1.Grafiek - Krediteure per week – Vertoon die totale van aankope en krediettransaksies, verskafferretoere en debiettransaksies per week in 'n staafgrafiek. Dit vertoon ook die totale van dié transaksies asook die verskil.
2.Ouderdomsontleding – Verskeie ouderdomsontleding verslae kan gedruk word.
3.Lys - Lyste van kontakte, krediteure, afleweringsadresse, posadresse, details, BTW- en onderneming registrasienommers. 'n Kredietkontrolelys (kredietlimiete vs huidige balanse soos op) sal alle krediteure se beskikbare balanse lys soos op die datum waarop die lys gedruk word.
4.Druk etikette – Druk etikette vir pos- en afleweringsadresse.
5.Transaksies – Druk verslae vir Transaksies, Transaksies - Oopitem, Transaksies - Standaard en Transaksies - Ekstra.
6.Uitstaande – Krediteur betalingsadviese, datum verskuldig en krediteure uitstaande op datum.