Dié Krediteurelys sal die Rekeningkode, Naam, Posadres, Telefoon 1 / 2, Faks, en E-pos vir elke krediteur (verskaffer) druk. 

Om 'n lys van krediteure te druk:

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Krediteure → Lys. Die Kontakte verslagopsies sal vertoon word.

2.Kies "Lys".

3.Kies die volgende: 

a)Vanaf rekening ... Tot rekening - Kies die rekening(e).

b)Volgorde - Kies "Krediteurkode" of "Beskrywing.

c)Verslaggroep 1 - U kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die krediteure wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gelys word.

4.Kliek Goed


'n Voorbeeld van die "Krediteurelys" verslag, is soos volg: