Skep bankrekeninge
U sal dié opsie gebruik wanneer u ‘n nuwe bankrekening wil skep, ‘n bestaande bankrekening wil wysig, of ‘n bestaande bankrekening wil skrap. Indien daar reeds transaksies teen 'n bankrekening geposteer is, kan u dié bankrekening se status as onaktief stel om te voorkom dat transaksies teen dié rekening geposteer word.
U kan meer as een bankrekening, in 'n Stel Boeke, skep en bedryf.
Kleinkas rekeninge word ook as 'n bankrekening, geskep en bedryf.
Indien u graag ‘n ander bankrekening wil skep, moet u in gedagte hou dat u in u beplanningsproses van u stel rekeninge, rekeninge van ‘n soortgelyke aard saam groepeer.
|
|
Bankrekeninge moet aan ‘n unieke Betalings- en Ontvangstejoernaal gekoppel word. Terwyl u 'n Bankrekening skep; en u die nuwe Betalings- en Ontvangstejoernaal op die Bank-duimgids insleutel, sal die nuwe Betalings- en Ontvangstejoernaal outomaties in die Joernaaltipes (Opstel-duimgids) opgedateer word. |
Om 'n nuwe bankrekening te skep:
1.Op die Aksie-duimgids, kies Rekeninge.
2.Kies die laaste Bankrekening (in die voorbeeld, is “B820000 - Kleinkas”) (Bedryfbates – Verslaggroep) en kliek die
Byvoeg:Rekening ikoon (of kies die
Byvoeg opsie op die konteks-kieslys). Die nuwe grootboekrekening word as “B821000 – Rekening naam” op die lys van rekeninge vertoon.

3.Sleutel in en / of kies die volgende:
a)Rekeningtipe - Kies “Bankrekening”, indien dit nie vertoon is nie.
b)Rekeningnr. - Vervang die laaste volgende rekeningnommer (outomaties gegenereer), byvoorbeeld, indien laaste rekeningnommer "820" was, sal die volgende rekeningnommer “821” wees. Sleutel u eie rekeningnommer in, byvoorbeeld “830”.
c)Beskrywing - Vervang “Rekening naam” met die naam van u eie bankrekening, byvoorbeeld “XYZ-Bank”.
d)Rekeninggroep 1 - Kies Rekeninggroep 1, byvoorbeeld, “Bedryfsbates”.
e)Rekeninggroep 2 - Indien u Rekeninggroep 2, opgestel het, kan u Rekeninggroep 2, kies.
f)Tipe - Maak seker dat “Balansstaat” vertoon word, Bankrekeninge word in die balansstaat vertoon.
g)Sub-rekeninge - Moet nie merk nie. Sub-rekeninge vir bankrekeninge word nie toegelaat nie.
h)Status - “Aktief” (verstek) behoort gemerk te wees.
i)Oopitem rekening - “Nee” (verstek) behoort gekies te wees.
4.Kliek die Bank-duimgids.

5.Sleutel die naam van u Betalings- en Ontvangstejoernaal in, byvoorbeeld, “XYZ-Betalings” en “XYZ-Ontvangste”.
|
|
Indien die “Verstek Bankrekonsiliasie metode” opsie nie gekies is nie (merk verwyder) (Opstel → “Setup” → Stelselparameters); sal die Betalings- en Ontvangstejoernaal velde gekombineer word. Dit is slegs vir op die Bankinvoer inprop-program van toepassing. |
|
|
Bankrekeninge moet aan ‘n unieke Betalings- en Ontvangstejoernaal gekoppel word. Terwyl u 'n Bankrekening skep; en u die nuwe Betalings- en Ontvangstejoernaal op die Bank-duimgids insleutel, sal die nuwe Betalings- en Ontvangstejoernaal outomaties geskep word. Sodra u op die Stoor knoppie kliek, sal die Betalings- en Ontvangstejoernaal in die Joernaaltipes (Opstel-duimgids) opgedateer word. |
|
|
Sodra enige transaksies in die betalings- en / of ontvangstejoernale van 'n bankrekening geposteer is, kan u nie die beskrywings van die joernaaltipes in die Aksie → Rekeninge (Bank-duimgids) wysig nie. U kan dié joernale se beskrywings in die Opstel → Joernaaltipes wysig. |
6.Kliek Stoor.
|
|
Die Grootboek |


