Redigeer bankrekeninge
Alle Stelle Boeke wat tydens die TurboCASH installasie geïnstalleer, was sluit reeds twee (2) bankrekeninge in.
Die bankrekeninge in die AF-SUID-AFRIKA Stel Boeke, ingesluit is, is soos volg:
|
Rekeningkode |
Rekeningnaam |
Betalingsjoernaal |
Ontvangstejoernaal |
|
810-000 |
LOPENDE BANKREKENING |
Betalingsjoern. |
Ontvangstejoern. |
|
820-000 |
KLEINKAS |
Kleinkasbetaling |
Kleinkontvangste |
U kan die bestaande bankrekeninge wysig, Indien daar reeds transaksies teen 'n bankrekening geposteer is, kan u dié bankrekening se status as onaktief stel om te voorkom dat transaksies teen dié rekening geposteer word.
Indien u graag ‘n ander bankrekening wil skep, moet u in gedagte hou dat u in u beplanningsproses van u stel rekeninge, rekeninge van ‘n soortgelyke aard saam groepeer.
|
|
Bankrekeninge moet aan ‘n unieke Betalings- en Ontvangstejoernaal gekoppel word. Terwyl u 'n Bankrekening skep; en u die nuwe Betalings- en Ontvangstejoernaal op die Bank-duimgids insleutel, sal die nuwe Betalings- en Ontvangstejoernaal outomaties in die Joernaaltipes (Opstel-duimgids) opgedateer word. |
Om 'n bestaande bankrekening te wysig:
1.Op die Aksie-duimgids, kies Rekeninge.
2.Kies die bankrekening (byvoorbeeld, "B810000- LOPENDE BANKREKENING" of “B820000 - Kleinkas”) (Bedryfbates – Verslaggroep).

3.Sleutel die nuwe naam van u Bankrekening, byvoorbeeld "ABC-BANK".
4.Op die Bank-duimgids sleutel die naam van u Betalings- en Ontvangstejoernaal in, byvoorbeeld "ABC-BETALINGS" en "ABC-ONTVANGSTES" in.

5.Kliek Stoor.
6.Die nuwe Betalings- en Ontvangstejoernaal sal outomaties aan die bestaande bankrekening, wat u gewysig het, gekoppel wees. Gaan na Joernale op die Aksie-duimgids. Die Betalings- en Ontvangstejoernaal van u gewysigde Bankrekening word steeds gelys.

7.Maak dié Joernaaltipe skerm toe.
8.Gaan na Joernaaltipes op die Opstel-duimgids. Die Betalings- en Ontvangstejoernaal van u gewysigde Bankrekening kan nou geskrap word.

9.Kies dié "Betalingsjoern." en kliek Skrap. 'n Bevestigings-boodskap "Dit sal u Stel Boeke ernstig affekteer! Is u seker dat u dié joernaaltipe wil skrap?". Kliek Ja.
10.Kies dié "Ontvangstejoern." en kliek Skrap. 'n Bevestigings-boodskap "Dit sal u Stel Boeke ernstig affekteer! Is u seker dat u dié joernaaltipe wil skrap?". Kliek Ja.
