Rekeninggroepe (Opstel)
Rekeninggroep 1 en / of Rekeninggroep 2 word gebruik om grootboekrekeninge te struktureer. Dit sal die opsies bied wanneer verslae gedruk word om dié volgorde waarin verslae in die Grootboekontleder 1 / 2 die proefbalans, inkomstestaat en balansstaat gedruk word te stel.
Om groepe te stel:
1.Kliek op die Opstel-duimgids, en kies Groepe.

2.Indien u die naam van Rekeninggroep 1 wil verander, vervang die beskrywing met u eie beskrywing. U beskrywing of nuwe naam sal die naam van die Rekeninggroep 1 knoppie verander.
3.Om 'n nuwe groep tot die "VERSLAGGROEP OORSPRONG" te voeg, kliek op die "VERSLAGGROEP OORSPRONG" en kliek op die Nuwe knoppie.
4.Sleutel die naam van u Rekeninggoep in (byvoorbeeld, Inkomste, ens.) in.
5.Kliek weer op die "VERSLAGGROEP OORSPRONG" en herhaal die proses om ander rekeninggroepe te skep.
6.U kan ook verslaggroepe vir Rekeninggroep 2 skep.
7.Kliek Goed om u rekords te stoor.
|
|
U kan op die Druk knoppie kliek om 'n lys van u Rekeninggroep 1 en / of Rekeninggroep 2 te druk. |
|
|
U kan die Skuif op en Skuif af knoppies gebruik om die volgorde te stel. In die “NUTSMAN” Stel Boeke, is Rekeninggroep 1 om Inkomste, Koste van verkope, Uitgawes, Kapitaal, Langtermynlaste, Bedryfslaste, Vaste bates en Bedryfsbates gestel. Indien u bates voor kapitaal en laste wil vertoon, kan u op Rekeninggroep 2 soortgelyke rekeninggroepe skep en dit in die volgorde (Vaste bates2, Bedryfsbates2, Kapitaal2, Langtermynlaste2, Bedryfslaste2) stel. |
|
|
U kan agtergrond- en fontkleure vir Rekeninggroep 1 en / of 2 stel wat in die Grootboekontleder 1 / 2 vertoon word. Om kleure vir rekeninggroepe te stel: 1.Kliek op Agtergrondkleur, en kies 'n kleur. 2.Kyk op Voorbeeld en stel die Fontkleur, indien nodig. 3.Kliek Goed op die kleur skerm. 4.Herhaal die proses vir alle groepe, indien nodig. |
In dié voorbeeld, is rekeninggroepe 1 en 2 in verskillende volgordes gestel:
|
Rekeninggroep 1 |
Rekeninggroep 2 |
|
|
|


