Rekeninggroepe (Aksie - Rekeninge)
Sodra Rekeninggroepe 1 en / of 2 is bygevoeg is, moet u dié groepe aan een van die finansiële kategorieë (d.i. Bates, Laste, Kapitaal, Inkomste of Uitgawes) koppel.
|
|
Dit is belangrik om dié groepe aan dié korrekte finansiële kategorieë te koppel. Dit moet op die Rekeningkundige vergelyking gebaseer wees. |
Die volgende twee (2) opsies is beskikbaar om die groepe aan finansiële kategorieë te koppel:
1.Aksie → Rekeninge.
2.Opstel → “Setup” → Finansiële kategorieë.
Om groepe aan finansiële kategorieë (Aksie → Rekeninge) te koppel:
1.Op die Aksie-duimgids, kies Rekeninge.
2.Kies Verslaggroep 1. Die beskikbare rekeninggroepe vir Verslaggroep 1 sal gelys word:

3.Kies 'n groep en kies 'n finansiële kategorieë (d.i. Bates, Kapitaal, Laste, Inkomste of Uitgawes) van die lys.
4.Kliek Stoor.
5.Herhaal die proses vir al die Rekeninggroepe.
6.Sodra u klaar is met Verslaggroep 1, kies Verslaggroep 2 en herhaal die proses.
|
|
Die Stoor knoppie sal slegs (langs die naam-veld) vertoon word, indien enige wysigings gedoen is. U moet op die Stoor knoppie kliek om die wysigings te stoor. Indien u dit nie doen nie, sal u wysigings verlore wees. |
|
|
Rekeninggroepe - Verslaggroep 1 en 2 – U kan ook die Skuif op, Skuif af opsies gebruik om die volgorde waarin die rekeninggroepe op skerms en verslae vertoon moet word, te struktureer. U kan ook groepe vir Rekeninggroep 1 en / of Rekeninggroep 2 in die Opstel → Groepe) opsie skep, redigeer of skrap. |
In dié voorbeeld, is rekeninggroepe 1 en 2 in verskillende volgordes gestel:
|
Rekeninggroep 1 |
Rekeninggroep 2 |
|
|
|
U kan dan grootboekverslae (d.i. Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat, Rekeninglys, ens.), in verskillende volgordes (d.i. Rekeninggroep 1 of Rekeninggroep 2) lys en druk.



