Verslae-duimgids
Die Verslae-duimgids groepeer die funksies om verslae te genereer, transaksies te ontleed, verslae te ontwerp en te druk.

Die volgende sewe (7) opsies is beskikbaar:
1.Verslae – Lys alle verslae in negentien (19) kieslys opsies en groepe.
2.Gebruikerverslae - Lys enige verslae wat in die ontwerp proses is. Gebruikers kan ook hul eie pasgemaakte verslae in die “...\plug_ins\reports\userreports” omslag plaas.
3.Grootboekontleder 1 - Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat, Standaard kolombalanse (kolom ontleding van die Proefbalans, Inkomstestaat en Balansstaat in een verslag), Begroting vs werklike en Huidige jaar vs vorige jaar. U kan ook die kolom balanse vir grootboek-, debiteure- en krediteurrekeninge na ontledingstate (“spreadsheets”) uitvoer.
4.Grootboekontleder 2 – Genereer presies dieselfde verslae wat in die Grootboekontleder 1 gegenereer kan word, maar bied aan u die opsie om verskillende aansigte en verslae te genereer.
5.T-Rekeninge – Vertoon die transaksies vir 'n spesifieke rekeninggroep of rekening. U kan dié transaksies filter vir spesifieke joernaalnommers, datums, rekeninge, ens., soek en ontleed. U kan ook die transaksies druk.
6.Drukker – Konfigureer drukkers om verslae en dokumente te druk.
7.Verslagontwerper - Skep, redigeer en ontwerp uitleglêers vir dokumente en verslae.