Omswaai van joernaal (D<-->K)
Omswaai van joernaal (D<-->K) - Indien die transaksies in 'n joernaal per abuis in die krediet-kolom in plaas van die debiet-kolom (of andersom) ingesleutel is, kan u dit regstel met diƩ opsie. Dit sal die bedrae wat foutief in die debiet-kolom in plaas van die krediet-kolom ingesleutel is (en andersom ingesleutel is), omswaai.
|
|
Dit is goeie praktyk om die transaksies wat u in 'n joernaal ingesleutel het vir korrektheid na te gaan en te kontroleer, alvorens u dit na die grootboek opdateer of posteer. |
In die volgende voorbeeld, is die bedrae in die Verkoopsjoernaal foutief in die krediet-kolom in plaas van die debiet-kolom ingesleutel. 
|
|
In dien die joernaal, volgens die voorbeeld, geposteer was, sou die verkope gedebiteer word in plaas van gekrediteer word. Die debiteure se rekeninge sou ook foutief gedebiteer word. |
Om transaksies in 'n ongeposteerde joernaal om te swaai:
1.Kliek op die F9: Prosesseer ikoon.
2.Op die "Prosesseer joernaal" skerm, kies die Omswaai van joernaal (D<-->K) opsie en kliek Goed.
3.Alle bedrae bedrae sal na die teenoorgestelde kolomme oorgeplaas word.

