Indien u nuut tot Rekeningkunde en / of  Rekeningkunde in 'n rekenaar-omgewing is, behoort u dié volgende te lees:


TurboCASH is 'n Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk (AARP) ("Generally Accepted Accounting Practice (GAAP") versoenbare Rekeningkundige stelsel.


TurboCASH maak rekeningkunde maklik deur die prosesse van transaksies in joernale, verkoopsdokumente en aankoopdokumente te vergemaklik, sodat foute uitgeskakel word.  


TurboCASH bied 'n reeks finansiële verslae verslae wat verstaanbaar is vir gebruikers van finansiële inligting. Bykomend tot die standaard Inkomstestaat, Balansstaat en Proefbalans, is daar ook 'n reeks ander verslae om u onderneming se aktiwiteite, finansiële toestand en vordering te ontleed.  


TurboCASH5 bied ook aan u verskeie kragtige opsies om u Data te filtreer, te groepeer, ens. 


'n Basiese begrip van die rekeningkundige beginsels mag dalk nodig wees om die transaksies te identifiseer en dit na die korrekte rekeninge toe te wys.  Die meester Stel Boeke wat u as basis gebruik om u eie Stel Boeke te skep, is reeds so opgestel dat dit die prosessering volgens rekeningkundige beginsels sal vergemaklik. 


Die Rekeningkunde Met Gemak en die "Accounting Made Easy" illustreer die rekeningkundige vergelyking van transaksies in Joernale en in Dokumente. 



Die TurboCASH5 installasie lêer is beskikbaar om gratis by sourceforge af te laai.

Accounting Made Easy 

A hands-on tutorial to work with TurboCASH5.

Rekeningkunde met Gemak 

'n Praktiese handleiding en verwysings in Afrikaans wat op die "Accounting Made Easy" boek, gebaseer is.