Joernaal - Invoerskerm
Ter illustrasie van 'n faktuur in die verkoopsjoernaal, behoort u die volgende inligting vanaf 'n brondokument insleutel of selekteer:

|
|
Die beskrywings wat u in die beskrywings velde invoer, behoort sinvol ingevoer te word, aangesien dié beskrywings in u gedetailleerde verslae en op debiteure se rekeningstate en krediteure se betalingsadviese vertoon sal word. Dié beskrywings behoort nuttig vir u debiteure en krediteure te wees. Dit moet u of enige ouditeur of rekenmeester in staat stel, om later die aard en oorsprong van 'n transaksie met gemak te kan bepaal. |

Titelbalk
Vertoon die naam van die joernaal wat op die "Joernaaltipe" (Joernale op die Aksie-duimgids) gekies is. Die naam van die Joernaal word by verstek as byvoorbeeld "Verkoopsjnl. [Verkoopsjnl.] aangedui. Die naam van die oernaal word in die "Wysig joernaalnaam" veld ingesleutel. Die [Joernaalnaam} maak dit makliker om 'n spesifieke joernaal te identifiseer.
Spoedknoppies / ikone
Die vernaamste funksies wat u gebruik om transaksies in 'n joernaal te prosesseer is hier beskikbaar.
^D:Skrap - Skrap geselekteerde transaksie(s).
^N:Invoeg - Voeg 'n nuwe transaksie reël in om 'n transaksie op 'n spesifieke plek (tussen ander transaksies in te voeg.
F5:Balanseer - Genereer balanserende transaksies na die kontrarekeninge.
F6:Posteer - Opdateer (posteer) transaksies na die grootboek.
F7:Eksklusief - Sleutel bedrae in BTW uitgesluit in.
F7:Inklusief - Sleutel bedrae in BTW ingesluit in.
F8:Lys - Druk 'n lys van die transaksies in die joernaal.
F9:Prosesseer - Inisieer die "Prosesseer joernaal" skerm waarop u verdere opsies van 'n lys kan kies.
F10:Opstel - Stel die "Opsies vir die joernaal", kontrarekeninge, ens.
Kolom-opskrifte en transaksie reëls (rye)
Kolom-opskrifte
Die basiese inligting wat vanaf brondokumente ingesleutel / ingevoer moet word, is soos volg:
|
Kolom-opskrif |
Beskrywing |
|
Verwysing: |
The number of the document, which contains the details of the transaction. It may be a cheque, deposit, receipt, invoice, etc. |
|
Datum: |
Die datum van die transaksie |
|
Beskrywing: |
'n Beskrywing van die transaksie, goedere of diens. |
|
Rekening: |
Die rekening kode en naam wat gekies is. |
|
BTW: |
Die BTW-kode en beskrywing. Dit moet geselekteer word, indien u vir BTW geregistreer is en BTW- op die transaksie van toepassing is. Indien u nie vir BTW geregistreer is nie en / of BTW is nie van toepassing op alle transaksies in die joernaal nie, kan u die joernaal opstel om die BTW kolom te versteek. |
|
Bedrag: |
Die bedrag wat u in die debiet- en-of kredietkolom ingesleutel het. Indien 'n BTW-kode gekies is, sal die bedrag inklusief of eksklusief van BTW vertoon word. |
Reëls
Elke transaksie word in 'n reël ingesleutel.
|
|
Indien u byvoorbeeld; een betaling maak vir meer as een item, aankoop van brandstof en herstelwerk aan 'n voertuig, behoort u die transaksie te verdeel en in 2 reëls in te sleutel. U sal steeds dieselfde verwysingsnommer gebruik, en verskillende rekeninge kies en die bedrae wat op elke toewysing betrekking het, insleutel. |

