Debiteure - Uitstaande - Debiteure uitstaande op datum (Verslae-kieslys)
Indien 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening as 'n "Oopitem rekening" op die Rekeningkundige inligting-duimgids (Debiteure op die Aksie-duimgids) gestel is, sal slegs die uitstaande transaksies en transaksies met uitstaande bedrae vertoon. Enige krediet bedrae wat nie aan debiet transaksies gekoppel is nie, moet in die Oopitem koppel (Aksie-duimgids) geprosesseer word.
Om Debiteure uitstaande op datum verslag te druk:
1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Debiteure → Uitstaande. Die Debiteure - Rekeningstate verslagopsies sal vertoon word.
2.Kies "Debiteure uitstaande op datum".

3.Kies die volgende opsies:
a)Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
b)Vanaf rekening ...Tot rekening - Kies die rekening(e).
c)Volgorde - Kies "Debiteurkode" of "Beskrywing".
d)Vertoon kontakbesonderhede - Indien hierdie opsie nie gekies is nie, sal slegs die transaksies vertoon word. Om die kontakbesonderhede van elke debiteur (kliënt / klant) se rekening te druk, merk hierdie opsie.
e)Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
f)Kostesentrum 1 / 2 - Indien u kostesentrums geaktiveer het, kan u 'n kostesentrum kies.
3.Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die "Debiteure uitstaande op datum" verslag, is soos volg:

'n Voorbeeld van die "Debiteure uitstaande op datum", met "Vertoon kontakbesonderhede" verslag, is soos volg:

|
|
Kontak : Die naam van die kontakpersoon sal slegs vertoon word, indien die kontak in die Kontakpersoon-veld van die debiteur se rekening gekoppel (gekies) is. |
