Debiteure - Rekeningstate (Verslae-kieslys)
Die volgende twee rekeningstate is beskikbaar vir debiteure (kliënte / klante):
•Debiteure rekeningstate - Dié rekeningstaat sal alle transaksies lys.
•Debiteure rekeningstate - Uitstaande - Dié rekeningstaat sal slegs die uitstaande transaksies en transaksies met uitstaande bedrae vertoon. Transaksies wat ten volle in die Oopitem koppeling geprosesseer is, sal nie vertoon word nie.
|
|
Alvorens u rekeningstate vir debiteure druk, maak eers seker dat: 🞙Rekeningstaat boodskap korrek ingesleutel is. Die globale boodskap wat op rekeningstate (Opstel dokumente op die Opstel-duimgids) ingesleutel is, sal op rekeningstate vir alle debiteure (kliënte / klante) gedruk word. 🞙Bank besonderhede korrek ingesleutel is (Opstel onderneming op die Opstel-duimgids). |
Om 'n globale boodskap in te sleutel wat op debiteure se rekeningstate gedruk word:
1.Op die Opstel-duimgids, kies Opstel dokumente.
2.Kies Rekeninge opstel.

3.Sleutel die boodskap (tot 3 reëls) in.
4.Kliek Goed.
Om 'n spesifieke boodskap in te sleutel wat op 'n spesifieke debiteur se rekeningstate gedruk sal word:
1.Op die Aksie-duimgids, kies Debiteure (F4).
2.Kies die debiteur (kliënt / klant) se rekening.
3.Op die Afleweringsadres-duimgids, sleutel 'n boodskap (tot 3 reëls) in.
4.Kliek op die Stoor knoppie.
