Lys joernaal
Terwyl u transaksie in 'n joernaal insleutel, kan u 'n lys van die ongeposteerde transaksies in 'n joernaal druk. U kan enige foutiewe transaksies regstel, indien nodig.
Nadat u alle transaksies in 'n joernaal ingesleutel het, en die joernaal gebalanseer het, behoort u 'n lys van die transaksies te druk. U kan die lys van ongeposteerde transaksies gebruik om u brondokumente aan te heg.
|
|
Dit is goeie praktyk om die transaksies wat u in 'n joernaal ingesleutel het vir korrektheid na te gaan en te kontroleer, alvorens u dit na die grootboek opdateer of posteer. |
|
|
Indien foutiewe transaksies na die grootboek opdateer of posteer is, moet daar weer transaksies geprosesseer word om die foutiewe transaksies reg te stel. |
Om transaksies wat in 'n joernaal ingesleutel is, te lys:
1.Nadat u alle transaksies in 'n joernaal ingesleutel het, en die joernaal gebalanseer het, behoort u 'n lys van die transaksies te druk.

2.Kliek op die F8:Lys ikoon. Dit sal al die transaksies wat in diƩ ingesleutel is, druk.
3.'n Voorbeeld van die ongeposteerde transaksies in 'n joernaal is soos volg:
4.'n Beskrywig van die nege (9) kolomme, is kortliks, soos volg:
a)Datum - Transaksiedatum.
b)Verwysings - Dit verwys na die brondokument wat in die "Verwysing" kolom van die joernaal ingesleutel is (byvoorbeeld, deposito-nommer, faktuur-nommer, verskaffer se faktuur-nommer, ens).
|
|
Balanserende transaksies se verwysingsnommer sal deur agt asteriske (********) aangedui word. |
c)Beskrywing - Die beskrywing soos wat in die "Beskrywing" kolom van die joernaal ingesleutel is.
d)Rekening - Die rekeningkode (nommer) wat vir die grootboek, debiteur of krediteur gekies is. Indien BTW op die transaksie van toepassing is, en geselekteer is, sal die BTW-kode ook vertoon word.
e)Kontrarekening -Dit is die rekening waarteen balanserende transaksies gegenereer is. Die kontrarekening is die rekening wat op die Standaard-duimgids van die F10:Opstel "Opsies vir die joernaal" geselekteer is.
f)BTW - Die BTW-kode, indien BTW op die transaksie van toepassing is, en geselekteer is.
g)BTW (Bedrag) - Die BTW-bedrag, indien BTW op die transaksie van toepassing is, en geselekteer is.
h)Debiet - Die bedrag wat oorspronklik in die debiet-kolom van die joernaal ingesleutel is en / of balanserende debiet transaksies wat gegenereer is.
i)Krediet - Die bedrag wat oorspronklik in die krediet-kolom van die joernaal ingesleutel is en / of balanserende krediet transaksies wat gegenereer is.
5.Maak die verslag toe. Indien daar enige foute op van die transaksies opgemerk is, kan u dit nou regstel, alvorens u die joernaal na die grootboek opdateer (posteer).

