Posteer joernaal
Die finale proses in joernaal prosessering is om die transaksies in 'n joernaal na die grootboek op te dateer (posteer).
Alvorens u dit doen, moes u die joernaal gebalanseer het, en absoluut seker gemaak het dat die transaksies korrek is.
|
|
Dit is goeie praktyk om die transaksies wat u in 'n joernaal ingesleutel het vir korrektheid na te gaan en te kontroleer, alvorens u dit na die grootboek opdateer of posteer. |
|
|
Indien foutiewe transaksies na die grootboek opdateer of posteer is, moet daar weer transaksies geprosesseer word om die foutiewe transaksies reg te stel. |
Wanneer transaksies n die grootboek opgedateer (geposteer) is, sal dié transaksies by u verslae ingesluit wees.
Om transaksies na die grootboek op te dateer (posteer):
1.Kliek op die F6:Posteer ikoon.
2.Die transaksies sal na die grootboek opgedateer (geposteer) word.
Posteer na vorige jaar
Wanneer u transaksies wat nie in die huidige finansiële jaar gedateer is nie, sal 'n bevestigings-boodskap "Wil u voortgaan met dié postering? Joernaal bevat transaksies wat na verlede jaar posteer!" vertoon word.
Indien die datum(s) van die transaksie(s) korrek is:
1.Indien die datum(s) korrek is, kliek Ja.
2.Die transaksies sal na die vorige jaar geposteer word.
Indien die datum(s) van die transaksie(s) foutief is:
1.Indien die datum(s) nie korrek is nie, kliek Nee.
2.Wysig die datum(s) van die transaksie(s) in die joernaal.
3.Balanseer weer die joernaal.
4.Posteer die joernaal weer.
Foutboodskap : Joernaal balanseer nie
Indien die joernaal nie balanseer nie, of nie gebalanseer is nie, sal 'n foutboodskap "Joernaal balanseer nie!" vertoon word.
1.Kliek Goed.
2.Sleutel die ontbrekende transaksie(s) in en / of balanseer die joernaal.
3.Posteer die joernaal weer.
Opdteer grootboek (posteer) joernale met die Opdateer Grootboek (F3) opsie
Met hierdie opsie kan u ook joernale na die grootboek opdateer (posteer).
Stappe voordat u 'n joernaal na die grootboek opdateer (posteer)
1.Balanseer die joernaal - Maak seker dat die debiet- en krediet-transaksies vir dieselfde waarde ingesleutel is, en / of balanseer die joernaal.
2.Lys die joernaal transaksies - Druk 'n lys van die transaksies in die ongeposteerde joernaal.
|
|
Dit is goeie praktyk om die transaksies wat u in 'n joernaal ingesleutel het vir korrektheid na te gaan en te kontroleer, alvorens u dit na die grootboek opdateer of posteer. |
|
|
Indien foutiewe transaksies na die grootboek opdateer of posteer is, moet daar weer transaksies geprosesseer word om die foutiewe transaksies reg te stel. |
Om transaksies na die grootboek op te dateer (posteer):
1.Op die Aksie-duimgids, kies Opdateer grootboek (F3).
2.Kliek op die Joernale-duimgids. Die "Opdateer joernale" skerm, sal alle joernale lys, waarin daar transaksies bestaan:

|
|
Joernaalnommers word outomaties in die Stel Boeke gegenereer. |
3.Die opsies is soos volg:
a)Kies tipe - Onaktief. Slegs van toepassing op dokumente.
b)Onderdruk oopitem - By verstek sal die oopitem skerms vertoon word, wanneer u joernale na die grootboek opdateer (posteer) vir rekeninge (debiteure, krediteure en grootboek rekeninge) wat as oopitem rekeninge gestel is. U kan die opsie kies, indien u nie die oopitem prosessering skerms vir oopitem rekeninge tydens die opdatering (postering) wil inisieer nie.
c)Vanaf ... tot - Slegs die ongeposteerde joernale se nommers sal gelys word. U kan 'n spesifieke joernaal nommer of nommers kies wat u na die grootboek wil opdateer.
|
|
Indien u slegs een joernaal wil opdateer (posteer), moet die Vanaf joernaal en Tot se joernaalnommer dieselfde wees. |
d)Geselekteerde - Indien u hierdie opsie kies, sal u up die lys 'n joernaal moet kies.
|
|
Indien u meer as een joernaal wil opdateer (posteer), moet u die Ctrl sleutel indruk en u muis gebruik om meer as een joernaal te kies. |
4.Kliek op die Opdateer knoppie. Die geselekteerde joernale sal outomaties na die grootboek opgedateer (geposteer) word.
Konteks kieslys opsies
Indien u 'n joernaal op die lys kies, en u regs-kliek, is daar drie (3) opsies op die konteks-kieslys:
1.Update - sal die transaksies na die grootboek opdateer (posteer).
2.Edit batch - sal die joernaalinvoer skerm inisieer waarop transaksies kan redigeer, ens.
3.Delete batch - sal alle transaksies in die joernaal uitvee - dieselfde as die "Skrap joernaal" opsie in die F9:Prosesseer.

