Voeg transaksiereëls in 'n joernaal
Soms nadat u reeds 'n aantal transaksies in 'n joernaal ingesleutel het, mag u moontlik 'n transaksie op 'n spesifieke plek invoer.
Om 'n blanko transaksiereëlin 'n joernaal te voeg :
1.Kies die reël waarbo u 'n transaksie wil invoeg.
2.Kliek op die ^N:Invoeg ikoon (Ctrl + N) / (Insert).
3.'n nuwe blanko transaksiereël sal bokant die geselekteerde transaksiereël ingevoeg word.
4.Sleutel die transaksie in, in die reël wat ingevoeg is.