Op 1 Mei 2018 begroot ons vir ekstra inkomste van 5 000,00 vir 'n uitverkoping en spesiale promosie. In TurboCASH5 kan u ook begrotings vir spesifieke datums of periodes insleutel.

Om begroting vir spesiale gebeurtenisse in te sleutel: 

1.Op die Aksie-duimgids, kies Rekeninge.

2.Kies die “Verkope” rekening. Op die Begroting-duimgids, kliek op die knoppie om 'n nuwe rekord te skep.  

3.Die stelseldatum sal outomaties vertoon word. Kies die datum vir die spesiale gebeurtenis (d.i. “2018/05/01”).

4.Sleutel die bedrag van die begroting  (d.i. “5 000” ) in die “Bedrag” kolom in. 

5.Sleutel die verwysing (d.i. “Uitverkoping” ) in die “Verwysing” kolom in.

6.Sleutel die beskrywing (d.i. “Spesiale promosie” ) in die “Beskrywing” kolom in.

7.Kliek op die knoppie om die rekord (nuwe begroting vir 2018/05/01) te stoor.

8.Kliek Stoor

Indien u nie op die Stoor knoppie kliek nie, kan enige begrotingsyfers wat ingesleutel en / of gewysig is, verlore wees (nie gestoor nie).