Die begroting funksionaliteit word gebruik om begrotingsyfers in die Stel Boeke in te sleutel of te wysig. Begrotingsyfers word met die werklike syfers vergelyk. 

Begrotings is ‘n riglyn van wat u wil bereik. Begrotingsyfers kan buigbaar wees om seisoenale tendense in u besigheid te reflekteer. Indien u die maandelikse syfers wysig om by u besigheid se omstandighede aan te pas, sal TurboCASH kumulatiewe jaarlikse totale vir u byhou. 

Begrotings kan vir alle rekeninge ingesleutel en bygewerk word, behalwe vir die volgende rekeninge: 

1.Hoofrekeninge – Begrotings moet vir elke sub-rekening ingesleutel word. Die totaal van alle sub-rekeninge sal outomaties teen dié hoofrekeninge gesommeer word. 

2.Debiteurekontrolerekening – U kan egter die kredietlimiete vir elke individuele debiteur (kliënt / klant) se rekening op die Rekeningkundige inligting-duimgids (Aksie → Debiteure) insleutel en wysig, indien nodig. 

3.Krediteurekontrolerekening – U kan egter die kredietlimiete vir elke individuele krediteur (verskaffer) se rekening op die Rekeningkundige inligting-duimgids (Aksie → Krediteure) insleutel en wysig, indien nodig.

Begroting kan ook vir die volgende funksionaliteite (ekstra kolomme sal op die Begroting-duimgids (Aksie → Rekeninge) gevoeg word) ingesleutel en gewysig word:

🞙Kostesentrums – Kostesentrum 1 en / of Kostesentrum 2 indien dit (Opstel → Groepe) geskep is.

🞙Projekte – Projekte indien dit (Opstel → Groepe - Status) geskep is. 

Begrotings word ook op die volgende skerms en verslae vertoon: 

🞙Grootboekontleder 

🞙T-Rekeninge 

🞙Begroting versus werklike (3 periodes) (Verslae-duimgids Verslae → Grootboek → Begroting)



The following new features have been added:

1.Budgets may be entered for any of the periods or financial years. 

2.Budgets may be entered for a specific date - e.g. Expected once off purchases or a specific big sale, etc.

3.Budgets may be entered for Cost centres (Cost centre 1 and / or Cost centre 2), if activated.

4.Budgets may be entered for Projects, if activated.