Kalender - Aanmanings

Parent Previous Next

U kan vir enige afspraak 'n Aanmaning stel om u in kennis te stel (herinner) voordat die afspraak moet plaasvind. U kan u eie tyd stel (d.i. minute, tot 8 ure, tot 6 dae en 1 week) om herinner te word aan afsprake. Die aanmaning skerm vir die afspraak sal outomaties vertoon word om u betyds van die afspraak te herinner.

1.Verdaag – Indien u op hierdie knoppie kliek, sal dié aanmaning vir dié afspraak de-aktiveer word.  

2.Dut – U kan die tyd stel om later weer aan dié afspraak herinner te word. Nadat u die tyd gestel het, kan u op die Dut knoppie kliek. U sal later weer aan dié afspraak herinner word.

3.Maak oop – U kan op hierdie knoppie kliek om dié afspraak te redigeer. U kan dan dié afspraak nakom of afhandel, òf dié afspraak skuif. U kan ook dié “Aanmaning” de-aktiveer of weer aktiveer, indien nodig.


Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Write eBooks for the Kindle