Om dokumente op te stel en te konfigureer is 'n eenmalige proses:


Op die Opstel-duimgids:

1.Dokumente – Kontroleer die nommers, opskrifte en boodskappe. Stel die uitleglêers wat gebruik word om u dokumente te druk. Kyk ook watter joernale aan u Fakture, Kredietnotas, Aankope en Verskafferretoere gekoppel is. 

2.Groepe – Rekeninggroepe 1 / 2, Voorraadgroepe 1 / 2, en Dokumentgroepe 1 / 2.  and Stock group 1 /2, where applicable.

3.Verkoopspersone – Skep die verkoopspersone wat u verkoopsdokumente en aankoopdokumente sal prosesseer.   

4.Joernaaltipes – Indien u handelsvoorraad (verstek voorraaditem) gaan gebruik, en u het koste van verkope geaktiveer, maak seker dat u 'n Koste van Verkope joernaal het. 

5.Voorraadinligting – Kontroleer die Eenhede, Verkoopspryse, Verkoopsprys se beskrywings, en wysig indoen nodig. Kontroleer die verstek verkoopsprys. Stel die Koste van verkope parameters. 


Op die Aksie-duimgids:

6.Rekeninge – Skep 'n Koste van Verkoperekening vir handelsvoorraad. 

7.Krediteure – 'n Diverse Krediteurrekening. U eie Krediteure (verskaffer) se rekeninge behoort bygevoeg te wees. 

8.Debiteure – 'n Kontantverkope en 'n Diverse debiteurrekening.   U eie Debiteure (kliënte / klante) se rekeninge behoort bygevoeg te wees.