Dokumentinvoer - Aktiveer Postering en Skrap opsies
Die Postering en Skrap knoppies op die kant-balk word by verstek nie vertoon nie.
Om die Postering en Skrap knoppies op dié kant-balk te vertoon, moet u die “Posteer dokumente” opsie op die Opstel → Toegangsbeheer – Dokumente-duimgids kies.
🞙Postering – direkte skakel na die Aksie → Opdateer grootboek.
🞙Skrap – direkte skakel na die Aksie → Redigeer → Skrap - Dokumente.

Die Dokumentinvoer skerm vir Fakture, Kredietnotas, Aankope en Verskafferretoere, sal Postering vertoon. 

Die Dokumentinvoer skerm vir Kwotasies en Bestellings, sal Bevestiging vertoon.