Stel Debiteurgroepe 1/2
Debiteurgroep 1 - Alle debiteurgroepe wat u vir Debiteurgroep 1 geskep het, sal hier gelys word. Indien u debiteurgroep1 per abuis nie aan 'n debiteurrekening gekoppel het nie (of aan verkeerde groep gekoppel het), kan u dit steeds doen deur die betrokke debiteurrekeninge te kies. U hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte debiteurgroep op die “Debiteurgroep1” op die konteks-kieslys te kies.
Debiteurgroep 2 - Alle debiteurgroepe wat u vir Debiteurgroep 2 geskep het, sal hier gelys word. Indien u debiteurgroep 2 per abuis nie aan 'n debiteurrekening gekoppel het nie (of aan verkeerde groep gekoppel het), kan u dit steeds doen deur die betrokke debiteurrekeninge te kies. U hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte debiteurgroep op die “Debiteurgroep2” op die konteks-kieslys te kies.