Die konteks-kieslys vir debiteurrekeninge bied ekstra opsies asook ander opsies om dokument prosessering te bespoedig.

Konteks-kieslys – Die volgende opsies is beskibaar:

1.Skep fakture – Skep 'n nuwe faktuur vir die geselekteerde debiteur (kliënt / klant).

2.Skep Kredietnotas - Skep 'n nuwe kredietnota vir die geselekteerde debiteur (kliënt / klant).

3.Skep Kwotasie - Skep 'n nuwe kwotasie vir die geselekteerde debiteur (kliënt / klant).

4.Reports” (Verslae) – U kan kies om die etiket vir die geselekteerde debiteur se posadres of afleweringsadres te druk.

5.Debiteurgroep 1 - Alle debiteurgroepe wat u vir Debiteurgroep 1 geskep het, sal hier gelys word. Indien u debiteurgroep1 per abuis nie aan 'n debiteurrekening gekoppel het nie (of aan verkeerde groep gekoppel het), kan u dit steeds doen deur die betrokke debiteurrekeninge te kies. U hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte debiteurgroep op die “Debiteurgroep1” op die konteks-kieslys te kies. 

6.Debiteurgroep 2 - Alle debiteurgroepe wat u vir Debiteurgroep 2 geskep het, sal hier gelys word. Indien u debiteurgroep2 per abuis nie aan 'n debiteurrekening gekoppel het nie (of aan verkeerde groep gekoppel het), kan u dit steeds doen deur die betrokke debiteurrekeninge te kies. U hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte debiteurgroep op die “Debiteurgroep2” op die konteks-kieslys te kies.

7.Copy account” (Kopieer rekening - Skep 'n kopie van 'n geselekteerde debiteurrekening. Alle inligting sal behoue bly en kan geredigeer word waar nodig. Geen dokumente of transaksie inligting sal gekopieer word nie.