Die volgende twee betalingsadviese is beskikbaar vir krediteure (verskaffers):
•Krediteure betalingsadviese - Dié betalingadvies sal alle transaksies lys.
•Krediteure betalingsadviese - Uitstaande - Dié betalingadvies sal slegs die uitstaande transaksies en transaksies met uitstaande bedrae vertoon. Transaksies wat ten volle in die Oopitem koppeling geprosesseer is, sal nie vertoon word nie.
Alvorens u betalingsadviese vir u krediteure (verskaffers) druk, maak seker dat die betalingadvies boodskappe korrek is. |
Om 'n spesifieke boodskap in te sleutel wat op 'n spesifieke krediteur se betalingsadviese gedruk sal word:
1.Op die Aksie-duimgids, kies Krediteure (F4).
2.Kies die krediteur (verskaffer) se rekening.
3.Op die Afleweringsadres-duimgids, sleutel 'n boodskap (tot 3 reëls) in.
4.Kliek op die Stoor knoppie.
Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easy EBook and documentation generator