Die volgende twee betalingsadviese is beskikbaar vir krediteure (verskaffers): 

Krediteure betalingsadviese -  Dié betalingadvies sal alle transaksies lys. 

Krediteure betalingsadviese - Uitstaande - Dié betalingadvies sal slegs die uitstaande transaksies en transaksies met uitstaande bedrae vertoon. Transaksies wat ten volle in die Oopitem koppeling geprosesseer is, sal nie vertoon word nie.

Alvorens u betalingsadviese vir u krediteure (verskaffers) druk, maak seker dat die betalingadvies boodskappe korrek is.

Om 'n spesifieke boodskap in te sleutel wat op 'n spesifieke krediteur se betalingsadviese gedruk sal word:

1.Op die Aksie-duimgids, kies Krediteure (F4).

2.Kies die krediteur (verskaffer) se rekening.

3.Op die Afleweringsadres-duimgids, sleutel 'n boodskap (tot 3 reëls) in. 

4.Kliek op die Stoor knoppie.