Krediteure - Lys - Registrasienommers - BTW en Onderneming (Verslae-kieslys)
Krediteurelys - Registrasienommers - BTW en Onderneming verslag sal die Posadres, Telefoon 1 en Telefoon 2 sowel as die BTW en Ondernemings se registrasienommers van die krediteure (verskaffers) se rekeninge lys.
Om 'n lys van krediteure se Registrasie nommers - BTW en Onderneming te druk:
1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Krediteure → Lys. Die Kontakte verslagopsies sal vertoon word.
2.Kies "Krediteurelys - Registrasienommers - BTW en Onderneming.

3.Kies die volgende:
a)Vanaf rekening ... Tot rekening - Kies die rekening(e).
b)Volgorde - Kies "Krediteurkode, Beskrywing, BTW-registrasienr." of "Registrasienr." .
c)Verslaggroep 1 - U kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die krediteure wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gelys word.
4.Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die "Krediteurelys: BTW-registasienr. - Registrasienr." verslag, is soos volg:
