Krediteure - Afleweringsadres-duimgids

Die opsies is soos volg:
1.Afleweringsadres - Tot drie (3) reëls vir die afleweringsadres asook die poskode. Die land kan ook gekies word.
2.Poskode - Sleutel 'n geldige poskode in.
3.Land - Verstek is "Leeg". U kan 'n land kies.
4.Staatboodskap 1, Staatboodskap 2 en Staatboodskap 3 - Sleutel die boodskap in wat op die rekeningstate (Verslae-duimgids → Verslae → Krediteure → Uitstaande - Betalingsadvies) vir die krediteur (verskaffer) gedruk moet word.
5.Uitleglêers - Die velde is opsioneel.
|
|
Indien geen dokumentuitleglêers vir die krediteur (verskaffer) hier gekies is nie, sal die verstek dokumentuitleglêers wat in vir Aankope, Verskafferretoere en Bestellings wat in die Opstel dokumente (Opstel-duimgids) gekies is, gebruik word om dokumente te druk. U kan ander dokumentuitleglêers kies wat slegs vir dié krediteur (verskaffer) se rekening gebruik word om dokumente te druk. |
a)Uitleglêer 1 - Aankope
b)Uitleglêer 2 - Verskafferretoere
c)Uitleglêer 3 - Bestelling
6.Stuur dokumenttipe – U kan kies om die dokument te druk, druk die dokument en stuur e-pos of e-pos aan.
