Krediteure - Rekeningkundige inligting-duimgids

Die opsies, is soos volg:
1.Rekening onaktief - Hierdie veld moet blanko gelaat word indien u transaksies teen die krediteur se rekening wil posteer.
Hierdie veld moet gekies word indien u geen verdere transaksies teen die krediteur (verskaffer) se rekening wil posteer nie, of indien u die krediteur (verskaffer) nie kan skrap nie. U sal egter steeds verslae vir die krediteur (verskaffer) kan druk.
2.Oopitem rekening – Kies hierdie veld indien u spesifieke debiettransaksies (betalings of verskaffrerretoere) teen 'n spesifieke krediettransaksies (aankope, ens.) wil koppel. Indien hierdie veld blanko gelaat word, sal die Balans O/D metode gebruik word, waarvolgens enige debiettransaksies (betalings of terugsendings) outomaties teenoor die oudste uitstaande krediettransaksies (aankope, ens.) toegewys word.
3.Dae verskuldig – Sleutel die aantal dae in wat volgens die kredietooreenkoms met die krediteur (verskaffer) waarbinne die transaksies betaal moet word.
|
|
Dié aantal dae word gebruik om die betalingsdatum te bereken. Die betalingsdatum is die transaksie- of dokument se datum PLUS die aantal dae wat u in hierdie veld insleutel. |
4.Kredietlimiet - Sleutel die kredietlimiet wat die krediteur (verskaffer) aan u toegestaan het, in of wysig dié bestaande kredietlimiet. Wanneer u transaksies invoer, sal 'n waarskuwingsboodskap vertoon word, indien die kredietlimiet oorskry word.
|
|
Die Beskikbare balans (d.i. Huidige balans minus die Kredietlimiet) sal ook op aankoopdokumente (d.i. Aankope, Verskafferretoere en Bestellings) se invoerskerms vertoon word. |
|
|
Die Sakrekenaar se knoppies sal ook vanuit dié Kredietlimiet veld geînisieer woord. |
|
|
U kan die verslag van die “Kredietkontrolelys (Kredietlimiete vs huidige balanse)” verslae soos op die stelseldatum vir krediteur (verskaffer) (Verslae → Verslae → Krediteure → Lys) druk. |
5.Heffingsbedrag - Sleutel die heffingsbedrag in wat u en die krediteur (verskaffer) ooreengekom het in, of wysig die bestaande heffingsbedrag.
|
|
Dié heffingsbedrag sal outomaties gebruik word om transaksies in enige joernaal (behalwe in ontvangste- en betalingsjoernale) te genereer. Om dié transaksies te genereer, moet u die “Genereer veelvuldige transaksies” opsie in die “Prosesseer joernaal” (F9:Prosesseer) kies. |
6.Bankrekening -
a)Bankrekeningtipe – Kies “Arbitrêr” of “11 Proef”. Dit is vir elektroniese betalings aan debiteure (kliënte / klante).
|
|
11-Proof - Sien - http://nl.wikipedia.org/wiki/Elfproef Arbitrair - Willekeurig |
b)Bankrekeningnr. – Sleutel die bankrekeningnommer van die debiteur (kliënt / klant) in (indien beskikbaar).
c)Banknaam - Sleutel die bank se naam van die debiteur (kliënt / klant) in (indien beskikbaar).
d)BIC - (“Bank Identifier Code”) - Nie getoets nie.
e)IBAN - (“International Bank Account Number”) - Nie getoets nie.
f)Handtekening - Nie getoets nie.
|
|
SWIFT - (Society for Worldwide Interbank Financial Telecommunication) - See - http://en.wikipedia.org/wiki/SWIFT / http://www.theswiftcodes.com/ SEPA - (Single Euro Payments Area) - See - http://en.wikipedia.org/wiki/Single_Euro_Payments_Area |
7.Gebruik verstekrekening - By verstek, sal die opsie nie gekies (gemerk) wees nie.
Indien u transaksies slegs teen 'n spesifieke rekening vir die krediteur (verskaffer) wil prosesseer, kan u kies om die verstekrekening te gebruik. Wanneer u hierdie opsie kies (merk), kan u die verstekrekening vir die krediteur (verskaffer) kies.
8.Gebruik verstek BTW - By verstek, sal die opsie nie gekies (gemerk) wees nie.
Indien u transaksies slegs teen 'n spesifieke BTW-rekening vir die krediteur (verskaffer) wil prosesseer, kan u kies om die opsie te gebruik. Wanneer u hierdie opsie kies (merk), kan u die verstek BTW-rekening vir die krediteur (verskaffer) kies.
9.Debiteurkode - Sleutel die debiteur (kliënt / klant) se kode in vir die krediteur (verskaffer) indien beskikbaar.


