Alle kontakte wat vir debiteure (kliënte / klante) sowel as vir krediteure (verskaffers) geskep is word in die Kalender – Kontakte gelys. 

Om nuwe kontakte te skep, of bestaande kontakte te redigeer, of te skrap, kan in die volgende opsies gedoen word:

•Aksie → Kontakte  

•Aksie → Debiteure - Kontakte-duimgids 

•Aksie → Krediteure - Kontakte-duimgids 

•Aksie → Kalender - Kontakte 

Om kontakte in die kalender te skep of te redigeer: 

1.Op die Aksie-duimgids, kies Kalender. 

2.Kliek op Kontakte. Alle kontakte wat reeds vir debiteure (kliënte / klante), sowel as vir krediteure (verskaffers) geskep is.  

3.U kan op 'n karakter (d.i. “123” of “A-Z”) op die vertikale duimgids strook kliek om na die kontakte wat met die karakter begin te gaan.  

4.Om 'n bestaande kontak te redigeer, dubbel-kliek op die kontak, of regs-kliek en kies “Redigeer kontak...” op die konteks-kieslys. 

Indien u die “Voeg kontak by...” op die konteks-kieslys kies, sal “Ongetiteld - Kontak” in die titelbalk vertoon word.

Alle velde sal blanko wees.

5.Sleutel alle beskikbare inligting vir dié kontak in.

6.Kliek op die Telefoon-duimgids en sleutel die nodige besonderhede in. U kan ook addisionele inligting in die 9 vryvelde (“Freefield1-9”) insleutel.  

7.U kan ook op die Notas-duimgids kliek en enige addisionele notas, kommentaar, ens insleutel. 

8.Kliek OK om die rekord te stoor.

9.Op die Kontakte-duimgids van debiteur- en krediteurrekeninge moet kontakte aan debiteure en krediteure gekoppel word. 

•U kan op die Verslae-duimgids, Verslae → Kontakte kies om 'n verslag vir alle kontakte (debiteure (kliënte / klante) sowel as vir krediteure (verskaffers)) te druk. 

•Om slegs die kontakte (wat aan debiteure (kliënte / klante) se rekeninge gekoppel is) te druk moet u op die Verslae-duimgids, Verslae → Debiteure → Lys kies. 

•Om slegs die kontakte (wat aan krediteure (verskaffers) se rekeninge gekoppel is) te druk moet u op die Verslae-duimgids, Verslae → Krediteure → Lys kies.