Sodra u take bygevoeg het, kan u dit redigeer en / of herskeduleer. Indien u die taak permanent van die Stel Boeke wil verwyder, han u dit skrap. 

Om 'n taak te skrap: 

1.Om 'n bestaande taak permanent van die Stel Boeke verwyder (te skrap), kies die taak, en regs-kliek. 

2.Op die konteks-kieslys, kies die "Skrap taak..." opsie.   

Die naam van die geselekteerde taak sal in die titel-balk vertoon word.

Maak absoluut seker dat u die korrekte taak gekies het, voordat u Yes kliek. Indien u die taak foutief geskrap het, sal u al die besonderhede weer moet insleutel.

3.'n Bevestigings-boodskap "Skrap Debiteure - Druk rekeningstate vanaf u taaklys? DiƩ bewerking kan nie omgekeer word nie!" sal vertoon word. Maak absoluut seker dat u die korrekte taak gekies het, kliek Yes.