Wysig joernaalnaam
U kan 'n unieke naam vir die elke joernaal insleutel. Dit sal u definitief help om 'n spesifieke joernaal te maklik te identifiseer.
|
|
Outo-joernaalnaam - kan ook geaktiveer word in die F10:Opstel - Gevorderd-duimgids - "Opsies vir die joernaal". Dit sal outomaties die stelsel-datum (byvoorbeeld, 20180331) as die joernaalnaam genereer. |
Die naam van die joernaal sal tussen vierkantige hakkies [ ] op die titel-balk van dié joernaal vertoon word. Byvoorbeeld indien die Algemene joernaal se naam (alias) nie ingesleutel is nie, sal dit Algemene jnl. [Algemene jnl.] vertoon. 
Nadat u die naam van die joernaal gestel het, sal die joernaalnaam tussen vierkantige hakkies [ ] op die titel-balk van dié joernaal vertoon word. Byvoorbeeld, indien die Algemene joernaal gebruik word om openings balanse te prosesseer, kan u dit wysig om [OpeningsBalanse] te vertoon.
Indien u vir elke joernaal 'n naam gee, kan die spesifieke joernale in verskeie opsies geïdentifiseer word.
|
|
Wanneer 'n joernaal op die Joernaaltipe skerm, gekies word, sal die Joernaalnaam (Alias) aan die linkerkant van die Maak oop en Kanselleer knoppies vertoon word. |


