U kan afkortings stel vir beskrywings wat u gereeld in die beskrywings velde van joernale en dokument-reëls gebruik.  U hoef slegs die karakter in te sleutel en die vooropgestelde sleutel op u sleutelbord druk, om die beskrywings in joernale en in dokument-reëls vir u outomaties voltooi. 

Om 'n afkorting te stel:

1.Kliek op die F9:Prosesseer ikoon. Die "Prosesseer joernaal" skerm sal vertoon word. 

2.Kies die "Definieer afkorting" en kliek Goed

3.Sleutel enige alfabetiese en / of numeriese karakter(s) in. Sleutel die gepaste beskrywing in vir die afkorting. 

Gebruik die rekord knoppies om beskrywings, by te voeg, te skrap of te stoor. 

4.Herhaal die proses om al u afkortings in te sleutel. 

Indien u beskrywings stel, onthou dat dit verstaanbaar vir u debiteure (kliënte / klante) en krediteure (verskaffers) te wees. Die beskrywings sal op hul rekeningstate en betalingsadviese, ens. verskyn.

5.Kliek op die X knoppie op die titelbalk.


Om 'n lys van die afkorting definisies te druk:

Kliek op die Druk lys knoppie.