Rekord-knoppies
Daar is tien (10) knoppies op die volgende skerms wat gebruik om rekords te bestuur:
•Aksie → Rekeninge.
•Aksie → Voorraaditems (Multigroep-duimgids).
•Opstel → Voorraadinligting (Rekeningklasse – duimgids).
•Opstel → “Setup” → Wisselkoerse.
Die tien (10) knoppies, is:
1.
Eerste – gaan na die eerste rekord.
2.
Vorige - gaan na die vorige rekord.
3.
Volgende - gaan na die volgende rekord.
4.
Laaste – gaan na die laaste rekord.
5.
Byvoeg – invoeg / skep 'n nuwe rekord rekord.
6.
Skrap – verwyder 'n rekord permanent. Wanneer u op dié skrap knoppie kliek, sal die volgende bevestigingsboodskap vertoon word:

|
|
Maak absoluut seker dat dit die korrekte rekord is wat u wil skrap, voordat u op die OK knoppie kliek. Indien dit nie die korrekte rekord is nie, kliek op die “Cancel” knoppie. |
7.
Aktiveer – dit sal die Stoor en Skrap knoppies aktiveer.
8.
Stoor – aanvaar die wysigings op 'n rekord.
9.
Kanselleer – verwerp of kanselleer enige wysigings op 'n rekord.
10.
Ontdoen – kanselleer die nuutste wysigings op 'n rekord.
