F10:Opstel joernale - Standaard
Opstel van Joernale – Standaard
Die standaard opsies bied slegs die basiese opsies om elk van die joernale op te stel of te konfigureer.

Die opsies, is soos volg:
1.Kontrarekening – Kies dié rekening waarheen balanserende transaksies geposteer moet word.
|
|
In die geval van die betalings- en ontvangstejoernaal, sal die Bankrekening altyd die kontrarekening wees. Die kontrarekening kan nie vir betalings- en ontvangstejoernale gekies word nie. |
2.Geen BTW – Kies om die BTW bedragkolom sowel as die BTW lys nie in die Joernaalinvoer skerm te vertoon nie.
|
|
Hierdie opsie behoort slegs gekies te word indien geen BTW op enige van die transaksies in die joernaal van toepassing is nie, of indien u nie vir BTW geregistreer is nie. |
3.Inkrementeer verwysingsnr. - Kies (merk) dié opsie indien u dieselfde verwysingsnommer vir alle transaksies in dié joernaal wil insleutel. Indien hierdie opsie nie gekies (gemerk) is nie, sal die verwysingsnommer met die volgende waarde vermeerder word.
4.Konsolideer balansering – Indien dié opsie gekies (gemerk) is, sal dit die balanserende transaksies vir soortgelyke rekeninge na saamvoeg.
|
|
Indien BTW op betalings- en ontvangstejoernale van toepassing is, moet u nie hierdie opsie kies (merk) nie. Dit sal die volgende foutboodskap vertoon: “Vir Konsolidering van reëls terwyl u BTW gebruik sal u belastingverslag affekteer! Maak asseblief seker dat indien BTW op transaksies van toepassing is dat u nie die konsolideer transaksies opsie gebruik nie!”. |
5.Kontrarekening per reël - Stoor die stellings vir die BTW rekeninge of -kodes op die Kontrarekening. Dié opsie is nie op betalings- en ontvangstejoernale van toepassing nie.
6.Inklusiewe metode - Stoor die inklusiewe metode om transaksies inklusief van BTW in te sleutel.
7.Herhaal besonderhede – Alle besonderhede sal vir elke volgende transaksie herhaal word. Dit sal tyd spaar wanneer meer as een transaksie met dieselfde beskrywing (byvoorbeeld, “Betaling ontvang – baie dankie”) moet insleutel. Dié beskrywing sal outomaties in die beskrywingskolom van die volgende reël of transaksie ingevul word.
8.Bedraginvoer – Kan vir alle joernale gestel word. Die basiese opstelling van joernaaltipes vir die rekening opsoektipe sowel as die kontrarekening opsoektipe asook die bedraginvoer kolomme (debiet / krediet of beide), is soos volg:
|
JOERNAALTIPE |
REKENING OPSOEKTIPE |
KONTRAREKENING OPSOEKTIPE |
DEBIET /KREDIET |
|
|
Verkoopsjoernaal |
Debiteure |
Algemene grootboek |
Debiet |
|
|
Verkoopsretoere |
Algemene grootboek |
Debiteure |
Krediet |
|
|
Aankoopjoernaal |
Algemene grootboek |
Krediteure |
Krediet |
|
|
Aankoopretoere |
Krediteure |
Algemene grootboek |
Debiet |
|
|
Betalingsjoernaal |
Alle |
Alle |
Debiet |
|
|
Ontvangstejoernaal |
Alle |
Alle |
Krediet |
|
|
Algemene joernaal |
Alle |
Alle |
Debiet en Krediet |
|
|
Vir betalingsjoernale behoort dit op debiet gestel te wees. Vir ontvangstejoernale behoort dit op krediet gestel te wees. |
9.Openingsbalans – Hierdie jaar – Dié opsie is nie op betalings- en ontvangstejoernale van toepassing nie.
|
|
Indien u openingsbalanse aanneem vir algemene grootboekrekeninge, moet u hierdie opsie kies. Indien dié opsie nie gekies is nie, sal u nie toegelaat word om na die Behoue inkomsterekening te posteer nie. Wanneer u openingsbalanse vir debiteur- en krediteurrekeninge aanneem, moet hierdie opsie blanko gelaat word. |

