F10:Opstel joernale - Gevorderd

Parent Previous Next

Opstel van Joernale – Gevorderd

Die gevorderde opsies om elk van die joernale op te stel of te konfigureer, kan beslis die invoer van transaksies makliker, meer akkuraat en vinniger maak.

Die opsies, is soos volg:

1.Balanseer altyd - Outomatiese balansering van transaksies in joernaal.

2.Nie oopitem joernaal - De-aktiveer die “Oopitem seleksie” en bevestiging skerms wanneer transaksies vir rekeninge wat as “Oopitem rekeninge” (debiteur-, krediteur- en / of grootboekrekeninge) gestel is.

3.Onthou inklusief – Stoor die inklusiewe metode om transaksies inklusief van BTW in te sleutel.

4.Outo-joernaalnaam – Indien dié opsie gekies (gemerk) is, sal dit outomaties die datum (byvoorbeeld, “20170301” as die joernaalnaam (alias) genereer.

5.Slegs in rekening vir soek – Nog nie gedokumenteer nie.

6.Onthou BTW op kontrarekening - Stoor die stellings vir die BTW-rekeninge of -kodes op die Kontrarekening.

7.Onthou kontra op rekening - Stoor die stellings vir die kontrarekening (balanserende transaksie).

8.Projekte – Indien projekte geaktiveer is, kan u dié opsie vir dié joernaal kies (merk). U kan dan projekte vir transaksies in dié joernaal kies.

9.Kostesentrum en Kostesentrums - Indien kostesentrums 1 en / of 2 geaktiveer is, kan u dié opsie vir dié joernaal kies (merk). U kan dan kostesentrums vir transaksies in dié joernaal kies. Kostesentrum 1 en / of Kostesentrum 2.  In die Kostesentrums veld, kan u ook 'n verstek kostesentrum vir dié joernaal kies.

10.Rekeningkode opsoektipe - Selekteer die volgende opsies om die lys van rekeninge wat in die Rekeninge opsoek vertoon moet word, te konfigureer:

a)Alle – Kies om alle rekeninge (d.i. Algemene grootboek, Debiteure-, Krediteure- en Spesiale grootboekrekeninge) te lys.

b)Algemene grootboek – Kies om slegs Algemene grootboekrekeninge te lys. (Debiteure-, Krediteure- en Spesiale grootboekrekeninge sal nie gelys word nie). Voorbeelde vir hierdie opsie is onder andere, wanneer u transaksies waarin geen debiteur- en krediteurrekeninge betrokke is nie, soos onder meer Waardevermindering- of aansuiwerings en regstellings vir algemene grootboekrekeninge. Ander voorbeelde is onder andere, kontant aankope in die Betalingsjoernaal en Kleinkasjoernaal (wat teen 'n uitgawe- of baterekening toegewys kan word).

c)Debiteure - Kies om slegs Debiteurrekeninge te lys. (Algemene Grootboek-, Krediteure- en Spesiale grootboekrekeninge sal nie gelys word nie). Voorbeelde vir hierdie opsie is onder andere, wanneer u fakture vir verkoopstransaksies op krediet aan debiteure in die verkoopsjoernaal wil lys. 'n Ander voorbeeld is onder andere, wanneer u die ontvangstejoernaal wil gebruik om slegs ontvangstes (kwitansies en deposito's) vir betalings wat u vanaf debiteure ontvang, te boek wil stel.

d)Krediteure - Kies om slegs Krediteurrekeninge te lys. (Algemene grootboek-, Debiteure- en Spesiale grootboekrekeninge sal nie gelys word nie). Voorbeelde vir hierdie opsie is onder andere, wanneer u aankoopfakture vir aankooptransaksies op krediet vanaf krediteure in die aankoopjoernaal wil lys. 'n Ander voorbeeld is onder andere, wanneer u die betalingsjoernaal wil gebruik om slegs betalings wat aan krediteure op hul rekeninge (tjekteenblaaie, -rekwisisies, ens.) gemaak is, te boek wil stel.

e)Spesiale grootboeke - Kies om slegs Spesiale grootboekrekeninge te lys.

f)Oopitem – Kies om slegs die rekeninge wat as oopitem rekeninge gestel is, te lys.  

11.Kontrarekeningkode opsoektipe - Selekteer die volgende opsies om die lys van rekeninge wat in die Rekeninge opsoek vir Kontrarekeninge se transaksies vertoon moet word, te konfigureer:

a)Alle – Kies om alle rekeninge (d.i. Algemene grootboek, Debiteure, Krediteure en Spesiale grootboekrekeninge te lys).

b)Algemene grootboek – Kies om slegs Algemene grootboekrekeninge te lys. (Debiteure-, Krediteure- en Spesiale grootboekrekeninge sal nie gelys word nie).

c)Debiteure - Kies om slegs Debiteurrekeninge (Algemene Grootboek-, Krediteure- en Spesiale grootboekrekeninge sal nie gelys word nie).

d)Krediteure- Kies om slegs Krediteurrekeninge (Algemene Grootboek-, Debiteure- en Spesiale grootboekrekeninge sal nie gelys word nie).

e)Spesiale grootboeke - Kies om slegs Spesiale grootboekrekeninge te lys.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easy to use tool to create HTML Help files and Help web sites