Opstel joernale
Die dubbel-inskrywing konsep van rekeningkunde vereis dat elke debiettransaksie 'n krediettransaksie van gelyke waarde en omgekeerd moet hê. Daar is 3 opsies beskikbaar om hierdie kontrarekening te skep. Die opsies is:
1.U kan die teenoorgestelde transaksie (KONTRAREKENING) self invoer.
2.U kan die hele joernaal opstel om slegs een KONTRAREKENING te hê.
3.U kan elke transaksie opstel om een KONTRAREKENING te hê.
Indien u 'n kontrarekening vir die hele joernaal opstel, sal TurboCASH die transaksie na die kontrarekening vir die totale bedrag van al die transaksies genereer wanneer u die joernaal balanseer. Byvoorbeeld, in die Verkoopsjoernaal sal u al die kontrarekening as die Verkoperekening opstel, en slegs al die DEBIET transaksies vir onderskeie debiteure invoer. Wanneer u die joernaal balanseer, sal TurboCASH 'n KREDIET transaksie na die Verkoperekening genereer.
Indien u 'n kontrarekening per reël opstel, sal TurboCASH elke keer as u 'n rekening selekteer, u versoek om ook 'n kontrarekening te selekteer. Op hierdie wyse kan u 'n verskillende kontrarekening vir elke transaksie selekteer. Wanneer u die joernaal balanseer, sal TurboCASH al die transaksies na al die verskillende kontrarekening genereer.
Die basiese opstelling van joernaaltipes vir die rekening opsoektipe sowel as die kontrarekening opsoektipe asook die bedraginvoer kolomme (debiet / krediet of beide), is soos volg:
|
JOERNAALTIPE |
REKENING OPSOEKTIPE |
KONTRAREKENING OPSOEKTIPE |
DEBIET /KREDIET |
|
|
Verkoopsjoernaal |
Debiteure |
Algemene grootboek |
Debiet |
|
|
Verkoopsretoere |
Algemene grootboek |
Debiteure |
Krediet |
|
|
Aankoopjoernaal |
Algemene grootboek |
Krediteure |
Krediet |
|
|
Aankoopretoere |
Krediteure |
Algemene grootboek |
Debiet |
|
|
Betalingsjoernaal |
Alle |
Alle |
Debiet |
|
|
Ontvangstejoernaal |
Alle |
Alle |
Krediet |
|
|
Algemene joernaal |
Alle |
Alle |
Debiet en Krediet |
|
|
Die F10:Opstel “Opsies vir dié joernaal” skerm kan ook op die Redigeer knoppie van die Opstel → Joernaaltipes geïnisieer word |
