Indien daar 'n verskil op die bankrekonsiliasie verslag aangedui word, moet die verskil nagespoor en reggestel word.


Hier volg ‘n paar faktore wat moontlik tot die verskil kan veroorsaak:

🞙U sluitings bankbalans is moontlik foutief op die “Rekonsilieer bankrekening” (Aksie → Rekonsiliasie) skerms ingesleutel. 

🞙Foutiewe datum is in die “Sluit items in tot” veld op die “Rekonsilieer bankrekening” (Aksie → Rekonsiliasie) skerms ingesleutel. 

🞙Foute in postering - dit behoort reeds in die prosessering van joernale opgespoor en reggestel te gewees het (alvorens u die joernale geposteer het).

Indien u steeds nie die fout so kan opspoor nie, moet u in sommige gevalle na u kasboek terugkeer en die brondokumente of bankstate met u inskrywings koppel om te verseker dat u die transaksies korrek ingevoer het. U kon ook moontlik ‘n bedrag as 64,00 in plaas van 46,00 ingesleutel het.

U kan moontlik die volgende verslae (vir die periode(s)) druk om die verskille vas te pen:   

🞙Joernaaltransaksies per periode verslag (Verslae-duimgids Verslae → Joernale) vir dié bankrekening se betalings- en ontvangstejoernale. 

🞙Geposteerde joernaaltipe verslag vir dié bankrekening se betalings- en ontvangstejoernale. (Aksie → Joernale – Geposteerde joernale-duimgids). Kies die korrekte joernale en dubbel-kliek daarop. U kan dan op die Druk knoppie kliek om 'n verslag te druk. 

🞙Transaksieverslae – Kies die bankrekening en periodes om 'n lys van die transaksies te sien (Verslae-duimgids Verslae → Grootboek → Transaksies).   

🞙T-Rekeninge – U kan T-Rekeninge inisieer en die transaksies vir die spesifieke bankrekening ontleed, filter en druk. (Verslae-duimgids, kies Grootboekontleder).