Oopitem prosessering

Previous Next

TurboCASH bied aan u twee metodes om ouderdomsontleding transaksies vir debiteur- en krediteurrekeninge te prosesseer hierdie tipes prosessering, is soos volg:

1.Balans Oorgedra - Die krediettransaksies (betalings ontvang, kredietnotas, en ander krediettransaksies) vir debiteurrekeninge sal outomaties teenoor die oudste uitstaande debiettransaksies (openingsbalanse, fakture en ander debiettransaksies) toegewys word.

In die geval van krediteurrekeninge, sal die debiettransaksies (betalings gemaak, verskaffer kredietnotas of goedere teruggestuur, en ander debiettransaksies) outomaties teenoor die oudste uitstaande krediettransaksies (openingsbalanse, verskaffer fakture of aankoopdokumente, en ander krediettransaksies) toegewys word.

2.Oopitem -

a)Debiteur (kliënt / klant) rekeninge - Oopitem is by verstek nie geaktiveer nie. Wanneer u 'n Debiteurrekening skep of redigeer, moet u die “Oopitem rekening” veld op die Rekeningkundige inligting-duimgids van die debiteur (kliënt / klant) se rekening (Aksie-duimgids) selekteer.  

Die krediettransaksies (betalings ontvang, kredietnotas, en ander krediettransaksies) vir debiteurrekeninge kan aan spesifieke uitstaande debiettransaksies (openingsbalanse, fakture en ander debiettransaksies) gekoppel word.

b)Krediteur (verskaffer) rekeninge - Oopitem is by verstek nie geaktiveer nie. Wanneer u 'n Krediteurrekening skep of redigeer, moet u die “Oopitem rekening” veld op die Rekeningkundige inligting-duimgids van die krediteur (verskaffer) se rekening (Aksie-duimgids) selekteer.

Die debiettransaksies (betalings gemaak, verskaffer kredietnotas of goedere teruggestuur, en ander debiettransaksies) kan aan spesifieke uitstaande krediettransaksies (openingsbalanse, verskaffer fakture of aankoopdokumente, en ander krediettransaksies) gekoppel word.

3.Algemene Grootboekrekeninge - Rekeninge (Aksie-duimgids) Oopitem is by verstek nie geaktiveer nie. Wanneer u 'n Grootboekrekening skep of redigeer, kan u die “Oopitem rekening” veld van “Nee” to “Ja” stel.  

Die Oopitem rekening opsie is nie op die Behoue inkomste, Debiteurekontrole- en krediteurekontrolerekeninge van toepassing nie.


Indien u Oopitem debiteure en krediteure het, sal TurboCASH twee bedrae vir elke transaksie stoor, d.i. die transaksiebedrag en die uitstaande bedrag.

Indien u ontvangstes vir 'n oopitem debiteurrekening in die ontvangstejoernaal (of ander krediettransaksies in enige ander joernaal) invoer, sal die "Oopitem seleksie" skerm outomaties vertoon word. U kan dan selekteer om die spesifieke ontvangste aan 'n spesifieke debiettransaksie of openingsbalans of faktuur, ens. te koppel.

Indien u betalings vir 'n oopitem krediteurrekening in die betalingsjoernaal (of ander debiettransaksies in enige ander joernaal) invoer, sal die "Oopitem seleksie" skerm outomaties vertoon word. U kan dan selekteer om die spesifieke betaling of debiettransaksie aan 'n spesifieke krediettransaksie of openingsbalans of verskaffer se faktuur, ens. te koppel.

U kan ook kies om enige van die gekoppelde transaksies te ontkoppel, te redigeer of 'n debiteur- of krediteurrekening na die Balans oorgedra ouderdomsontleding metode te genereer waar transaksies teen die oudste uitstaande transaksies toegewys of "afgesit" sal word.


Die skerms

Daar is verskeie opsies om die transaksies van oopitem rekeninge te filter en te bestuur.

Kliek op die Oopitem koppel ikoon (Aksie -duimgids). Die oopitem koppel prosessering fasiliteit bestaan uit drie (3) duimgidse, naamlik Totale, Transaksies en Ongeposteerde joernale.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Full-featured multi-format Help generator