Dit sal die transaksies in joernale en / of dokumente kanselleer en die transaksies van joernale en / of dokumente as ongeposteer stel.

🞙Kanselleer geposteerde joernale – Alle transaksies wat in 'n geselekteerde joernaal (Aksie → Joernale) na die grootboek geposteer is, sal gekanselleer word. Dit sal alle geposteerde transaksies weer as 'n ongeposteerde joernaal beskikbaar stel en alle totale opdateer. 

U kan dié joernaal dan die joernaal in geheel skrap, spesifieke transaksies skrap, transaksies byvoeg, joernaal balanseer, transaksies in die joernaal lys en dit weer na die grootboek posteer, indien nodig. 

🞙Kanselleer geposteerde dokumente – Alle transaksies wat in 'n geselekteerde verkoopsdokumente (d.i. fakture en kredietnotas) of aankoopdokumente (d.i. aankope en verskafferretoere)  (Aksie → Dokumente) na die grootboek geposteer is, sal gekanselleer word. Dit sal alle geposteerde transaksies weer as 'n ongeposteerde dokument beskikbaar stel en alle totale opdateer. 

U kan dan die ongeposteerde dokument redigeer indien nodig, en dit weer na die grootboek opdateer (posteer).  

Indien u die ongeposteerde dokument nie na die grootboek opdateer (posteer) nie, kan u die dokument in die Redigeer → Skrap → Dokument (Aksie-duimgids) skrap.