BTW per periode (Verslae kieslys)
Die BTW verslae behoort vroegtydig gedruk en nagegaan te word sodat u die spertyd van u BTW-opgawe sal haal. Dit word aanbeveel dat transaksies in joernale en dokumente geposteer word voordat dié verslae gedruk word.
Om 'n BTW per periode verslag te druk:
1.Op die Verslae-duimgids, kies BTW. Die “BTW-lys – Debiteure met BTW-id” is die verstek verslag.
2.Kies die “BTW per periode” verslag.

3.Kies die volgende:
a)Datum - Kies “Per Periode”. Vir die doeleindes van dié illustrasie, kies “2 Maande” en “2018/03/01 / 2018/04/30”.
|
|
Vir die doeleindes van dié illustrasie, word veronderstel, dat die BTW-registrasie sertifikaat aandui dat BTW opgawes en betalings elke tweede maand betaal moet word. |
b)Wys detail – By verstek, is hierdie opsie nie gekies nie. Dit sal slegs die totale uitgesluit van BTW asook die BTW-bedrag vir elke BTW-rekening (kode) lys. Indien u dié opsie kies (merk) sal alle geposteerde transaksies in joernale en dokumente (insluitend die rekeningkode, beskrywing, land en BTW-registrasienommer, van die debiteur- en krediteurrekening lys, waar van toepassing) lys.
c)Wys BTW afsonderlik – Indien dié veld gemerk is, sal die elke BTW-rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
4.Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die “BTW per periode” (“Wys detail:Nee”), is soos volg:

|
|
Dié verslag asook die verslag wat die besonderhede van die transaksies vertoon, moet ook gestoor en vir rekord- en ouditdoeleindes bewaar word. Dit word aanbeveel dat die “Wys detail” opsie ook gedruk word en dat dit vir rekord- en ouditdoeleindes bewaar word. |
'n Voorbeeld van die “BTW per periode” (“Wys detail” en “Wys BTW afsonderlik” geselekteer), is soos volg:
Bladsy 1 – Uitset BTW - 14%

Bladsy 2 – Inset BTW – Standaardkoers - 14%

Bladsy 3 – Inset BTW – Kapitaalgoedere - 14%

Bladsy 4 – Uitset BTW – 15%

Bladsy 5 – Inset BTW – Standaardkoers - 15%

|
|
Die Bedrag ekskl. en BTW-bedrag in die Totaal (Verslagtotaal) van die BTW-verslag - Verwysing / Dokumentnr. verslag, moet met die Totaal – Uitset-BTW – Inset BTW van dié BTW per periode verslag (indien dieselfde periodes gekies is), balanseer. |

