U kan op 'n rekening of 'n spesifieke periode dubbel-kliek om die transaksies in die T-Rekeninge skerm te vertoon. U kan die transaksies druk, indien nodig. 

Die kolombalanse verslagtipe sal die netto balanse (debiet balanse minus krediet balanse) vir alle algemene grootboekrekeninge (d.i. Inkomste-, Uitgawe-, Bank- en BTW-rekeninge) vertoon. 

Hierdie verslagtipe kan nie gedruk word nie.  Indien u op die Uitvoer knoppie kliek, sal 'n “Export.txt” lêer outomaties geskep word wat u in die “Stoor as” (“Save as”) skerm vertoon. U kan dan vir die lêer 'n naam insleutel en enige plek in 'n (omslag (vouer / gids) op u stelsel stoor. 

Die uitvoerlêer kan dan in 'n ontledingstaat ("spreadsheet (e.g. OpenOfficeCalc of Microsoft Excel, ens.) oopgemaak word.

Die verslagtipe sluit die volgende rekeningtipes in:

Inkomste / Uitgawes.

Balansstaat rekeninge - Dit skuit die volgende rekeninge in

o Bankrekeninge 

o BTW-rekeninge 

Behoue inkomste (Kapitaal)

Debiteure kontrole (Bedryfsbates)

Krediteure kontrole (Bedryfslaste)

Indien u twee (2) Rekeninggroepe (Opstel → Groepe) gestel het, kan u verskillende uitlegte van u data uitvoer. Hierdie verslag sal al u grootboek rekeninge uitvoer, of slegs die rekeninge met balanse, indien die Ignoreer nulbalanse veld gekies was. 

Die kolomme wat uitgevoer word, is soos volg: 

🞙Opening verlede jaar - Die totale van die openingsbalanse van die vorige jaar. 

🞙Verlede jaar periodes 1 tot 12 - Die totale van transaksies wat in joernale en dokumente in die vorige jaar na die grootboek opgedateer (geposteer) is. 

🞙Periode totaal - Totaal vir elke periode (Periodes 1 -12). 

🞙Einde verlede jaar - Die totaal vir verlede jaar openingsbalanse en die totale vir elke periode (Periodes 1 -12). 

🞙Openingsbalanse hierdie jaar - Dit behoort dieselfde te wees as die totale vir laas jaar. 

🞙Periode totaal - Totale vir elke periode (Periodes 13 -25). 

🞙Einde verlede jaar - Totaal vir hierdie jaar openingsbalanse en die totale vir elke periode (Periodes 13 -25).