Die Eenheid beskrywings sal op sekere verslae vir voorraad, en skerms verskyn. Dit sal ook op die volgende dokument uitleglêers gedruk word:  

Toets Faktuur(TRN_906190.rep) 

Afleweringsnota (geen kodes) - (TRN-906181) 

Afleweringsnota (15 kodes) - (TRN-906182)

U kan die beskrywings tot u eie dokument uitleglêers voeg. Sien - Reportman - Add Unit Descriptions toLayout files

Om beskrywings vir Eenheid van Voorraaditems te skep:

1.Op die Opstel-duimgids kies, Voorraadinligting 

2.Kies die Eenheid-duimgids.

3.Sleutel die eenhede van u voorraaditems in. 

4.Kliek op die Byvoeg knoppie.

5.Sodra u klaar is, kliek op Goed

Indien u op die Skrap knoppie kliek, sal 'n bevestigings-boodskap "Is u seker ?" vertoon word.  Indien u nie absoluut seker is nie, kliek op Nee

Indien u Ja gekliek het, sal die eenheid beskrywing permanent verwyder wees. Dit sal ook nie verder op dohument uitleglêers wat eenheid beskrywing ondersteun, asook verslae, uitgedruk word nie. 

Indien u 'n eenheid per abuis geskrap het, moet u: 

1.Op die Opstel-duimgids, kies Voorraadinligting en voeg 'n Eenheid beskrywing by.

2.Op die Aksie-duimgids, kies Voorraaditems en herkoppel die nuwe Eenheid beskrywing aan die voorraaditem.