Rekeningklasse
U kan rekeningklasse skep, redigeer of skrap. Elke rekeningklas kan tot vyf (5) rekeninge bevat wat op die Grootboek-duimgids van 'n voorraaditem gekoppel kan word.
Wanneer 'n rekeningklas op die Grootboek-duimgids van 'n voorraaditem gekoppel word, sal dit die Rekeninge se Opsoek knoppies de-aktiveer.
Dié BTW-rekeninge (Inset BTW sowel as Uitset BTW) asook die Grootboekrekeninge (Verkope-, Koste van verkope- en die Voorraadkontrolerekening) outomaties voltooi word, sodra u 'n rekeningklas aan 'n voorraaditem koppel. Dit sal u tyd spaar, aangesien u nie vir elkeen van dié rekeninge individueel vir 'n voorraaditem te kies nie.
|
|
Die belastingowerhede kan van tyd tot tyd die BTW-koerse wysig. Byvoorbeeld, in Suid Afrika, het die Suid Afrikaanse Inkomstediens (“South African Revenue Services (SARS)”), die BTW-koers van 14% tot 15% op 1 April 2018 verhoog. In hierdie onderwerp, is die BTW-koers van 14% vir belasbare transaksies tot en met 31 Maart 2018 en die belasbare transaksies vanaf 1 April 2018 teen 'n BTW-koers van 15% van toepassing. Dit illustreer hoe om TurboCASH5 te konfigureer en om transaksies te bestuur en te prosesseer asook hoe om beide BTW-koerse in TurboCASH te akkommodeer. |
Om 'n nuwe rekeningklas te skep:
1.Op die Opstel-duimgids, kies Voorraadinligting.
2.Kliek op die Rekeningklasse-duimgids.

3.Kies die bestaande Rekeningklas en voeg “14%” in die “Naam” veld, indien “14%” nie reeds vertoon word nie.
4.Kliek
om die verandering te stoor.
5.Kliek
om 'n nuwe rekeningklas by te voeg.
6.Sleutel die naam (beskrywing) d.i. “Standaardkoers - 15%” vir dié nuwe rekeningklas in.
7.Kies die volgende rekeninge:
a)Inset BTW – Kies die Inset BTW – Standaardkoers - 15% (860-020).
b)Uitset BTW - Kies die Uitset BTW – Standaardkoers - 15% (860-010).
c)Verkoperekening - Kies die Verkoperekening (010-000).
d)Koste van verkope - Kies die Koste van verkoperekening (100-000).
e)Voorraadkontrole – Kies die Voorraadkontrolerekening (750-000).
|
|
Indien u nie vir BTW geregistreer is nie, kan die “Leeg” opsie vir die Inset BTW en Uitset BTW-rekeninge gekies word. |
|
|
U moet rekeningklasse vir elk van u BTW-rekeninge teen elke BTW koers skep. Indien u sekere items wat teen 'n nukoers belas moet word, moet u ook dié BTW-rekening kies en aan u voorraaditem koppel. |
8.Kliek
om dié veranderinge te stoor.
9.Kliek Goed om dié “Voorraadinligting” skerm toe te maak.

