Wysig Hoeveelheid op hande
Dit kan gebeur dat u voorraad foutief aangeneem is, of dat voorraad tekorte of surplusse kan ontstaan.
Die Hoeveelheid voorraad op hande kan in die Grootboek-duimgids van 'n geselekteerde voorraaditem of op die lys van voorraaditems gewysig word. U sal egter versoek word om 'n opmerking (rede) vir die wysiging van die hoeveelheid te verskaf.

Indien u die Hoeveelheid op hande in die Grootboek-duimgids wysig, en u kliek op die Stoor knoppie, sal 'n bevestigings-boodskap "Voorraad hoeveelheid is gewysig! Wil u die huidige data in die databasis behou?" vertoon word.
Indien u Ja kliek, sal die voorraad hoeveelheid op hande onveranderd bly. Indien u die Hoeveelheid op hande wil verander, moet u op Nee kliek.
Indien u op Nee kliek, sal die "Wysig opmerking" skerm vertoon word:

Sleutel 'n opmerking of 'n rede in vir die wysiging in die hoeveelheid op hande en kliek OK.
U kan ook die Hoeveelheid voorhande op die lys van voorraaditems wysig.

Die opmerking of rede wat op die "Wysig opmerking" skerm ingesleutel het sal ook op die Dokumentgroepe- en Transaksie-duimgidse van die voorraaditem vertoon word.
🞙Dokumentgroepe

🞙Transaksies
