Stoor as
U kan 'n identiese kopie van 'n geselekteerde Stel Boeke skep. U kan 'n Stel Boeke wat in TurboCASH oopgemaak is as 'n kopie op enige plek op u stelsel stoor.
Om 'n kopie van 'n Stel Boeke te stoor:
1.Op die Begin-duimgids, kies Stoor as (Ctrl + S).

2.Die verstek omslag (vouer / gids), waarin TurboCASH geïnstalleer is, sal vertoon word.
|
|
Indien u dié Stel Boeke in 'n ander omslag (vouer / gids) of op 'n ander plek op u stelsel wil stoor, kan u op die ikoon aan die regterkant van die Gids veld kliek. U kan dan die plek op u stelsel kies waarin u dié Stel Boeke wil stoor. |
3.Sleutel 'n naam vir die Stel Boeke in.
4.Kliek Stoor. 'n Inligtings-boodskap "Stel Boeke is gekopieer!" sal vertoon word.
5.Kliek op die Goed knoppie.
6.Die oorspronklike Stel Boeke waarvan u 'n kopie gestoor het, sal outomaties oop gemaak word.
|
|
Om die gestoorde Stel Boeke oop te maak, gaan na die Aksie-duimgids en kies Maak oop. Kies die gestoorde Stel Boeke. |

