BTW-lys – Debiteure met BTW-id (Reports menu)
Dié verslag sal die totale (eksklusiewe BTW-, BTW-bedrae en inklusiewe BTW bedrae) vir die fakture minus kredietnotas vir debiteure (kliënte / klante) se rekeninge in geselekteerde periodes of datum(s) opsom. Dit sal ook die onderneming se registrasienommer sowel as die BTW-registrasienommers vir elk van die debiteure (kliënte / klante) se rekeninge ingesleutel is, vertoon.
|
|
Joernaal transaksies is nie by die verslag ingesluit nie. |
Om ‘n BTW-lys – Debiteure met BTW-id verslag te druk:
1.Op die Verslae-duimgids, kies BTW. Die “BTW-lys – Debiteure met BTW-id” is die verstek verslag.

2.Kies die volgende opsies:
a)Datum - Kies “Per Periode”. Vir die doeleindes van dié illustrasie, kies “2 Maande” en “2018/03/01 / 2018/04/30”.
|
|
Vir die doeleindes van dié illustrasie, word veronderstel, dat die BTW-registrasie sertifikaat aandui dat BTW opgawes en betalings elke tweede maand betaal moet word. |
b)Volgorde – Die Debiteure is die verstek opsie waarin die rekeninge gelys word. U kan ook kies om die verslag volgens die debiteur (kliënt / klant) se se naam (beskrywing), BTW-registrasienr. of die Registrasienommer van sy onderneming lys.
3.Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die “BTW-lys – Debiteure met BTW-id” verslag, is soos volg:


