Verkope - Kwotasies - Debiteure (Verslae-kieslys)
Kwotasies per periode - Hoeveelhede verslag vertoon die Voorraadkode, Voorraadbeskrywing, Hoeveelhede, Verkoopspryse, Kospryse, wins of Verlies en die Wins/Verlies persentasie, vir die items per debiteur (kliënt / klant).
|
|
Hierdie verslag sluit slegs bevestigde kwotasies in. Onbevestigde kwotasies is NIE in die verslag ingesluit nie. |
Om 'n Kwotasies per periode - Hoeveelhede vir Debiteure te druk:
1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Verkope → Kwotasies → Debiteure.

2.Kies die volgende opsies:
a)Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
b)Vanaf rekening ...Tot rekening - Kies die rekening(e).
c)Volgorde - Kies "Debiteurkode" of "Beskrywing".
d)Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
3.Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die "Kwotasies per periode - Hoeveelhede", is soos volg:

