Aankoopontleding - Bestellings per periode (Verslae-kieslys)
Die volgende vyf (5) verslae is beskikbaar om u bestellings volgens verslaggroepe te druk, te analiseer en te ontleed:
1.Bestellings per periode - Krediteurgroep 1 - Druk die bestellings volgens krediteurgroep 1 waaraan die krediteure (verskaffers) gekoppel is.
2.Bestellings per periode - Krediteurgroep 2 - Druk die bestellings volgens krediteurgroep 2 waaraan die krediteure (verskaffers) gekoppel is.
3.Bestellings per periode - Dokumentgroep 1 - Druk die bestellings volgens dokumentgoep 1 waaraan die bestellings gekoppel is.
4.Bestellings per periode - Dokumentgroep 2 - Druk die bestellings volgens dokumentgoep 2 waaraan die bestellings gekoppel is.
5.Bestellings per periode - Verkoopspersoon - Druk die bestellings volgens die verkoopspersoon wat die bestellings geprosesseer het.
|
|
Hierdie verslag sluit slegs bevestigde bestellings in. Onbevestigde bestellings is NIE in die verslag ingesluit nie. |
Om bestellings per verslaggroep te druk:
1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Aankoopontleding → Bestellings per periode.
2.Die "Bestellings per periode - Krediteurgroep 1" is die verstek verslag. U kan enige van die ander vier (4) verslaggroepe kies (d.i. "Krediteurgroep 2, Dokumentgroep 1, Dokumentgroep 2" of "Verkoopspersoon").

3.Kies die volgende:
a)Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
b)Volgorde - Kies "Krediteurkode" of "Beskrywing".
c)Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
4.Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die "Bestellings per periode - Krediteurgroep 1" verslag, is soos volg:
Bladsy 1 - (Eerste verslaggroep)

Elke verslaggroep sal op 'n nuwe bladsy gedruk word.
Bladsy 2 - (Tweede verslaggroep)

