Krediteure - Transaksielys verslae (Verslae-kieslys)
Krediteur transaksielys - Dié verslag lys alle transaksies wat in joernale en dokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) is, ongeag van die oopitem prosessering koppelings.
|
|
Dié transaksielys verslag sluit nie openingsbalanse in nie. |
Om Transaksielys verslae vir krediteure te druk:
1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Krediteure → Transaksies. Die "Transaksies" verslag is die verstek opsie.
2.Kies "Transaksielys" (verstek opsie).

3.Kies die volgende opsies:
a)Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
b)Vanaf rekening ...Tot rekening - Kies die rekening(e).
c)Volgorde - Kies "Krediteurkode" of "Beskrywing".
d)Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
e)Kostesentrum 1 / 2 - Indien u kostesentrums geaktiveer het, kan u 'n kostesentrum kies.
4.Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die "Krediteure - Transaksielys" verslag, is soos volg:

